Babas sterf as gevolg van besmette drup
2010-08-23 22:59
Duitsland – Twee babas is dood en vyf ander is ernstig siek nadat hulle by 'n Duitse hospitaal as gevolg van ‘n besmette drup vergiftig is, berig Sky News.
Die kinders het die bakterie-gevulde oplossing by die universiteit se mediese sentrum in Mainz, Duitsland, ingekry.
Aanklaers in Duitsland ondersoek die sterftes en die moontlikheid van aanklagtes van onvrywillige manslag en “liggaam beserings”.
Dit was nie duidelik of die oplossing by die hospitaal of voor dit daar aangekom het besmet is nie.
Lees meer by Sky News
Volg Nuus24 op Twitter