Baba word wakker in lykshuis
2011-08-03 22:59
Sao Paulo – Almal het gedink ‘n pasgebore baba is dood tot
hy by die begrafnisondernemer aan die huil gegaan het.
Dokters by die Santa Casa de
Misericordia-hospitaal in Araxa het die babatjie, wat op sewe maande gebore is,
dood verklaar.
Volgens die dokters het die baba ‘n paar
minute ná geboorte gesterf.
Die lykie is na ‘n begrafnisondernemer
gestuur, maar terwyl die lykbesorger die baba gereed gemaak het vir die
begrafnis, het die babadogtertjie begin huil.
Sy is na die intensiewesorgeenheid gehaas.
Die hospitaal het die voorval bevestig, maar
geen verdere besonderhede gegee nie.
Die naam van die ma en baba is ook nie bekend
nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP