Baba val na sy dood
2009-08-16 19:23
Rome – ‘n 18 maande oue Britse-baba is dood nadat hy van ‘n balkon by ‘n hotel in Sardinia, Italië afgeval het.
Dié tragedie het Saterdagaand by die Chia Leguna oord plaasgevind, berig die plaaslike ANSA nuusagentskap.
Die baba was saam met sy ouers by die oord toe hy verby ‘n reëling gekruip en by die hotelkamer se balkon afgeval het.
Hy het slegs een verdieping ver geval, maar erge hoofbeserings opgedoen.
Die seun is per helikopter na die hospitaal geneem waar hy later gesterf het.
–Sapa