Baba val 10 verdiepings, oorleef
2011-12-15 20:12
Tokio – ’n Eenjarige baba in Japan, wat Donderdag deur sy pa van die 10de vloer van hul woonstel gegooi is, het dié val oorleef.
Die seuntjie het tussen struike beland waar die polisie hom gevind het.
Die 37-jarige pa, Shingo Hashimoto, is in hegtenis geneem en het glo erken dat hy die daad gepleeg het.
“Ek het probeer om my seun dood te maak. Ek het probeer om hom te wurg met my hande en hom toe uit by die venster laat val” het die pa gesê, berig Kyodo News.
Volgens die polisie het die baba net snye aan sy gesig. Die pa het self die polisie ná die voorval gebel.
Hashimoto se familie het aan die polisie gesê dat hy onlangs “angstig was oor werk”.
Hashimoto en die baba was alleen tuis toe die voorval plaasgevind het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP