Baba sterf toe motor oor sypaadjie jaag
2010-02-10 11:13
Kaapstad – ‘n 18 Maande oue babaseun is Dinsdag oorlede nadat 'n bejaarde man in hom en sy ma op die sypaadjie ingeploeg het.
Die seun en sy ma, in haar vroeë twintigs, het langs Waterstraat in Accrington, Lancashire geloop, toe die 89-jarige bestuurder die sypaadjie getref, en in hulle vasgery het.
Die drie is na die Royal Blackburn-hospitaal geneem, waar die kleuter en die bestuurder gesterf het. Die ma is steeds in ‘n kritieke toestand.
Vir die volledige storie, besoek Sky.com