Baba sterf ná ma haar in wasmasjien gooi
2010-11-08 13:07
Bartlesville, Oklahoma – ‘n Tien dae oue babadogtertjie het wreed gesterf nadat haar ma haar na bewering in die wasmasjien gegooi het.
Lyndsey Fiddler het haar pasgebore baba, Maggie May, glo saam met ‘n hoop vuil klere in die wasmasjien gegooi.
Die klein babatjie was vir sowat 40 minute in die wasmasjien alvorens haar tannie, Rhonda Coshatt, op haar afgekom het.
Na bewering was die moordtoneel so gru dat selfs nooddienspersoneel in trane uitgebars het, het die Mail Online berig.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.