Baba leef ná trein hom tref
2010-05-26 10:38
Melbourne, Australië – ‘n Vyftien maande oue baba het wonderbaarlik aan die dood ontkom toe ‘n trein sy stootwaentjie Woensdag getref het.
Die seuntjie se ouma het by 'n stasie haar aandag vir 'n oomblik van die baba afgehaal en die stootwaentjie het tot op die treinspoor gerol.
Beeldmateriaal van ‘n sekuriteitskamera wys hoe die stootwaentjie op die treinspoor beland net toe ‘n trein besig is om by die stasie in te trek. Die waentjie is deur die trein meegesleur voordat dit tot ‘n dramatiese stilstand voor geskokte ooggetuies gekom het.
Die seuntjie het egter niks meer as ‘n paar skaafplekke opgedoen nie en het aan skok gelei.
Hierdie noue ontkoming kom slegs sewe maande nadat ‘n ses maande oue baba in die suide van Melbourne ‘n soortgelyke vooval oorleef het.
Die naam van die ouma is nog nie bekend nie. Volgens paramedici is sy te geskok om oor die voorval te praat.
- Sapa-AFP
Volg Nuus24 op Twitter.