Baba bring hoop in Turkse ramp

2011-10-26 09:04
Tweets Share Share line Print

Ercis – Twee dae ná die aardbewing in die suidooste van Turkye was daar Dinsdag ’n sprankie hoop hier nadat ’n twee weke oue baba lewend uit die arms van haar ma gered is.

Reddingswerkers het ure lank gegrawe om by die naakte baba, wat byna twee dae in ysige temperature oorleef het, uit te kom waar sy en familielede in die puin van hul woonstelgebou vasgekeer was.

Die ma het haar baba, Azra, teen haar bors vasgehou om haar te beskerm. Die baba se ouma was ook vasgekeer.

Die naam Azra beteken “help” in Hebreeus.

“Ek is so opgewonde. Wat kan ek sê. God help hulle,” het die ander ouma, Sevim Yigit, met trane van blydskap gesê.

Terwyl sy gepraat het, het ’n reddingswerkers vorentoe geleun en aan haar gesê: “Ons sal hulle binnekort uitkry.”

Die baba se tienerneef het gesê: “Ons wag al byna 48 uur. Ek hoop my ma en tannie word binnekort gered.”

Die skare wat op die toneel saamgedrom het, het hande geklap toe ’n reddingswerker van die puinhoop met die baba in sy arms in die rigting van ’n ambulans gestap het.

Verligte familielede het om die baba saamgedrom.

Volgens die Daily Mail is Azra se ma en ouma ure later gered. Die lot van die baba se pa, wat ook in die gebou was toe dit meegegee het, is onbekend.

Vroeër het reddingswerkers ’n swanger vrou en haar twee kinders asook ’n polisieman en sy vrou lewend uit hul verwoeste huise gered.

Amptenare het Dinsdag gesê die amptelike dodetal ná Sondag se aardbewing van 7,2-sterkte staan op 432, maar talle mense is nog onder die puin van geboue in stede en dorpe aan die noordoostekant van die Van-meer vasgekeer. Dié grootste meer in Turkye is naby die grens met Iran geleë.

Sowat 2 000 geboue in die hoofsaaklik Koerdiese gebied het ineengestort.

Die meeste verwoeste geboue is in Ercis, ’n dorp met sowat 100 000 inwoners.

Die kantoor van die Turkse premier, Tayyip Erdogan, het gesê sowat 1 350 mense is in die aardbewing beseer. – Reuters, AFP en Sapa-AP

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: turkye  |  aardbewings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic
2006
R 195,990.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2005
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.