‘BP het ekostelsel heeltemal vernietig’

2010-05-29 10:29
Tweets Share Share line Print

Elise Tempelhoff, Die Burger

Johannesburg - ’n Regssentrum wat hom beywer vir die bewaring van bedreigde spesies gaan die brandstofreus BP (British Petroleum) hof toe vat omdat die oliebesoedeling in die Golf van Mexiko die habitat van bedreigde spesies in die see en vleilande verwoes het.

The Southern Environment Law Center (SELC) het Donderdag met regstappe teen BP begin omdat die oliebesoedeling – wat steeds ná vyf weke uit die diepsee na die oppervlak borrel – die habitat van 32 bedreigde spesies vernietig het. Dit sluit in die spermwalvis en verskeie visspesies, asook seeskilpaaie.

Die SELC het in ’n verklaring gesê die chemikalieë wat BP in die rehabilitasieprojek gebruik ná die ontploffing van sy Deepwater Horizon-olieboor op 20 April steriliseer boonop die omgewing.

Volgens die SELC verbied die Amerikaanse omgewingswet die vernietiging van bedreigde spesies se habitat.

Mike Senatore, visepresident van Defenders of Wildlife, ’n nie-rege- ringsorganisasie wat sy gewig agter SELC ingegooi het, het gesê BP moet tot verantwoording geroep word vir die ernstige bedreiging wat sy oliebesoedeling inhou vir die voortbestaan van seeskilpaaie, walvisse, seevoëls en ander wild weens die Deepwater-Horizon-ramp.

“Dis nie net die olie wat steeds uit die diepsee stroom wat die wild se voortbestaan bedreig nie, maar die chemikalieë wat BP gebruik om die gebied te probeer rehabiliteer, is dodelik,” het Senatore ­gesê.

Catherine Wannemaker, ’n regsgeleerde by die SELC, het gesê hulle is bekommerd oor wat hulle by die kuslyn sien, “maar ons is nog meer bekommerd oor wat in die see, onder die oppervlak, gebeur. Hierdie is ’n onmeetbare ramp vir mens sowel as dier... BP het ’n hele ekostelsel verwoes en moet tot verantwoording geroep word.”

David Nicholas, BP se woordvoerder in Londen, het per e-pos aan Die Burger gesê hulle wil geen kommentaar op die regstappe lewer nie.

Reuters berig die Deepwater-Horizon-ramp is nou groter as die Exxon Valdez-olieramp van 1989 toe 250 000 vate olie uit ’n olietenkskip aan die kus van Alaska gestort is.

- Die Burger

Lees meer oor: olierampe  |  olieramp bp

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic
2006
R 195,990.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2005
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.