BP aanvaar skuld vir oliestorting
2010-05-04 12:21
Kaapstad – Die oliemaatskappy BP, het erken dat hulle “ten volle verantwoordelik” is vir die skoonmaak van die reuse olielek in die Golf van Mexiko.
Tony Hayward, hoof van BP, het egter bygevoeg dat dit 'n ongeluk was wat tot die lek gelei het, en dat dit nié die maatskappy se skuld was nie.
Die lek is veroorsaak toe ‘n olieboortoring, die Deepwater Horizon, op die 22ste April in die Golf van Mexiko gesink het.
Volgens Hayward is dit die boormaatskappy, Transocean, aan wie die toerusting behoort, wat verantwoordelik is vir die ongeluk.
Beide maatskappye staar reuse dagvarings in die gesig weens dié natuurramp.
Kliek hier vir die volledige storie.