BBC in sop oor gay teregstelling debat
2009-12-17 05:02
Londen - 'n Debat op 'n BBC-webwerf oor die teregstelling van homoseksuele mans en vroue in Uganda loop deur onder politici.
Die Britse uitsaaier het 'n debat op sy webwerf, Africa have your say, begin rondom voorgestelde wetgewing in Uganda waarvolgens mense ter dood veroordeel kan word vir homoseksuele dade.
Die debat nooi gesprek uit rondom die vraag of die wetgewing te ver gaan en of daar hoegenaamd wetgewing teen gays behoort te wees.
Britse politici het egter Woensdag gesê die BBC behoort nie die teregstelling van gays as 'n gesprekpunt te benader nie.
'n Wetgewer vir die land se opposisie, Lynne Featherstone, het aan die uitsaaier geskryf dat die kommentaar op die debat bewys hoe die gesprek "bloot olie op die vuur gooi".
- Sapa-AFP