Australiese veldbrande: Inwoners vlug voor vlamme
2013-01-08 09:41
Video - Miljoene se skade ná veldbrande in NK
Die skade van die veldbrande in dele van die Noord-Kaap, wat verlede week ontstaan het, word op sowat R40 miljoen geraam.
KYK
Sydney – Huiseienaars in die pad van ‘n massiewe veldbrand in Australië se suidooste is aangeraai om hul huise te ontruim, eerder as om agter te bly en die vlamme self te probeer blus.
“Jy kry nie toestande erger as dié nie,” het Shane Fitzsimmons, ‘n brandweerhoof, Dinsdag gesê.
“Ons is op ‘n katastrofiese vlak en dit is duidelik dat vroeë ontruiming jou beste opsie sal wees.”
Alle nasionale parke in die suidooste van die land is vir die eerste keer ooit gesluit, en kampeerders is aangesê om huiswaarts te keer. Niemand word toegelaat om ‘n vuur buite hul huis te maak nie.
“Die woord katastrofies word vir ‘n goeie rede gebruik,” het Julia Gillard, Australië se premier, Dinsdag gesê, en huieeienaars aangeraai om aan waarskuwings gehoor te gee.
Fitzsimmons het die brand vergelyk met die brand van Februarie 2007, wat 173 lewens geëis het.
“Ek kan dit nie duideliker maak nie. Die risiko is werklik en dodelik.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA