Aus-tiener ry op walvis se rug
2010-10-08 10:21
Sydney – ‘n Australiese tiener wat op ‘n walvis se rug geklim het, het lig daarvan afgekom toe hy slegs ‘n waarskuwing van owerhede ontvang het, het amptenare Vrydag gesê.
Omgewing- en bewaringsamptenare het die seun gevind nadat ‘n getuie hom afgeneem het terwyl hy op die suidelike noorkapper-walvis by ‘n strand in die westelike deel van die land geklim het.
“Alhoewel hy dom opgetree het, glo ons nie dat sy bedoeling was om die walvis enige skade aan te rig nie,” het die beampte Mike Shephard gesê.
“Ons glo dat hy nou besef hy het homself in groot gevaar geplaas deur die walvis te nader.”
Teistering van beskermde spesies kan lei tot ‘n maksimum boete van Aus$10 000 (R68 000) en bote, branderplankryers en roeiers moet vir hul eie veiligheid 100m wegbly van walvisse, volgens omgewingswette.
“In hierdie geval was die tiener gelukkig om sonder enige skade te ontsnap, maar dit kon baie tragies geëindig het,” het Shephard gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP