Assange sal voortgaan om dokumente te publiseer
2010-12-14 13:08
Londen – Die WikiLeaks-stigter, Julian Assange, het uit ‘n tronksel in Londen aan sy ma gesê dat hy sal aanhou om geheime inligting te publiseer, het ‘n Australiese televisiestasie Dinsdag berig.
Dit is ten spyte van veroordeling wat hy vanaf Washington en talle ander dele van die wêreld gekry het.
Australië se Network Seven het Christine Assange gevra om haar 39-jarige seun een vraag te vra tydens haar besoek aan hom in Londen: Was dit die moeite werd?
“My oortuigings staan vas. Ek bly getrou aan die ideale wat ek uitgedruk het. Hierdie omstandighede sal hulle nie verander nie,” het Assange gesê. Sy ma het die televisienetwerk met ‘n geskrewe verklaring van haar seun se antwoord voorsien.
“Indien enigiets, het hierdie proses my vasbeslotenheid dat my oortuigings waar en reg is versterk.”
Lees meer by Eyewitness News
Volg Nuus24 op Twitter