Assange in hof oor uitleweringsbevel
2012-02-01 14:32
Londen – Julian Assange, stigter van WikiLeaks, se regspan wend by Engeland se appèlhof 'n finale poging aan om sy uitlewering na Swede te beveg waar hy op aanklag van verkragting teregstaan.
Die 40-jarige Assange het skuld ontken.
Assange is in Desember 2010 in Brittanje in hegtenis geneem nadat twee vroue bewerings van seksuele molestering en 'n verkragting wat in Swede plaasgevind het, aan die lig gebring het. Assange ontken dié bewerings.
Volgens hom het die vrouens ingestem om seks te hê en die bewerings is polities gemotiveerd en hou verband met WikiLeaks se vrystelling van honderde geklassifiseerde Amerikaanse dokumente oor die oorloë in Irak en Afganistan.
Uitspraak sal na verwagting oor 'n paar weke gelewer word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP