Assange aanvanklik gesoek vir 'seks-siekte'
2010-12-08 12:00
Washington – Die twee Sweedse vrouens wat verantwoordelik is vir Assange se inhegtenisneming, wou aanvanklik bloot hê hy moet hom laat toets vir ‘n seksueel oordraagbare siekte.
Hulle het hom probeer opspoor sodat hulle hom kon oortuig om homelf te laat toets.
Hulle het blykbaar vreeslik gesukkel om hom in die hande te kry, veral aangesien hy sy selfoon afgesit het om te verhoed dat sy “vyande” hom opspoor.
Ná die twee vrouens daarin misluk het om Assange te oortuig om vir ‘n toets te gaan, het hulle saam na die Sweedse polisie gegaan.
Huidiglik, word Assange nie van enige misdaad in Swede aangekla nie.
Die WikiLeaks-stigter word egter in die Verenigde Koninkryk aangehou, sonder die opsie van borgtog, op aanklag van verkragting.
Hy sal moontlik aan Swede uitgelewer word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters