Artefak-kartel oopgevlek
2010-01-26 03:11
Nicosia - Owerhede in Siprus het 'n reuse-kartel wat met antiekeware smokkel, oopgevlek.
Tien Sipriote is vasgetrek en die polisie het lasbriewe vir vyf ander verdagtes uitgereik.
Sommige van die gesteelde voorwerpe, onder andere muntstukke, kleiware en klein goue beeldjies, is omtrent 2 000 jaar oud.
Die artefakte kom meestal van argeologiese opgrawings in Siprus af, alhoewel die oorsprong van ‘n aantal artefakte nie bekend is nie.
‘n Span van 150 polisiemanne is besig met die ondersoek.
Blykbaar kon die polisie die smokkelaars vastrek nadat ‘n geheime agent genader is om van die ware te koop.
- Sapa