Anti-rookwetgewing in Australië verwag
2011-11-21 16:34
Kaapstad – Sigarette in Australië gaan van Desember volgende jaar af in eenvoudige groen pakkies verkoop word, volgens ‘n nuwe anti-rookwetgewing wat van vandag in die land van krag is.
Dit is 'n eerste wêreldwyd, waar weggedoen gaan word van handelsmerke – behalwe vir 'n klein gedrukte naam van die produk wat onder-aan groot en ernstige waarskuwings teen rook aangebring sal wees, het RSG berig.
Die gevare van rook, wat jaarliks tot die dood van 15 000 Australiërs lei, is die afgelope honderd jaar in die spervuur in die land.
Hoër belastings en 'n advertensieverbod op sigarette het tot gevolg gehad dat rokers in die land die afgelope 28 jaar drasties afgeneem het tot van die minste ter wêreld.
Sowat 16% mans en 14% vroue in Australië rook.
Volg Nuus24 op Twitter