Angelina Jolie wil Siriese vlugtelinge besoek
2011-06-15 11:42
Kaapstad - Turkye se ministerie van buitelandse sake het Woensdag gesê die Hollywood-ster Angelina Jolie het 'n aansoek ingedien om Siriese vlugtelinge, wat tans aan Turkye se kant van die grens met Sirië kamp, te besoek.
'n Woordvoerder vir die ministerie, Selcuk Unal, het gesê Jolie, wat 'n ambassadeur vir die VN se vlugtelingagentskap (UNHCR) is, se aansoek word tans oorweeg.
Meer as 8 500 Siriërs het reeds vanjaar na Turkye gevlug weens geweldadige optrede deur regeringsmagte in Sirië.
Jolie het ook in April na Tunisië gereis om Libiese vlugtelinge te besoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA