Anargis verblind toe bom ontydig ontplof
2011-06-01 23:02
Santiago – ‘n Vermeende anargis in Chili is ernstig
beseer toe ‘n bom wat hy in sy sak gehad het, buite ‘n bank ontplof het.
Die polisie sê Luciano Pitronello Schuffeneger
(22) het sy sig verloor en kan moontlik ook beide sy arms verloor.
Hy het ook ernstige brandwonde opgedoen en is
tans onder verdowingsmiddels in die hospitaal.
Hector Barros, ‘n aanklaer, is besig met ‘n
saak teen 15 anargiste wat verantwoordelik is vir soortgelyke bomaanvalle.
Volgens getuies het Schuffeneger se
medepligtige op sy motorfiets weggejaag toe die bom ontplof het.
Dit is die enigste besering in een van vele
vroegoggend-bomaanvalle in Chili.
In ‘n vorige aanval is ‘n man dood toe sy
rugsak ontplof het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP