Amptenare vas oor bankroof
2009-08-13 14:13
Bagdad – Vyf lede van Irak se presidensiële wag sal verhoor word later die maand weens hul vermeende betrokkenheid by ‘n bloedige bankrooftog.
Irak se departement van binnelandse sake het gesê die rooftog was deur skelms uitgevoer wat deel was van die sekerheidsektor.
Hulle het gerugte dat die geld gesteel is om weerstandbewegings in Irak te finansier, verwerp.
Agt sekuriteitswagte is tydens die rooftog dood en die rowers het omtrent 8 biljoen Irakese Dinars (R55,4 miljoen) gesteel.
‘n Lasbrief is uitgereik vir nog drie van hulle makkers.
Die vyf lede wat reeds in hegtenis geneem is, se saak begin op die 23ste Augustus.
Inspekteurs het gese daar is ‘n groot moontlikheid dat hulle interne informasie van die bank se sekuriteit gekry het.
Geen deure of vensters is tydens die rooftog gebreek nie, en die rooftog het plaasgevind kort nadat die bank ‘n groot bedrag geld by die bank afgelewer is.
- Sapa