Ammoniak-lekkasie saai paniek by hoenderfabriek
2010-08-24 04:56
Theodore, Alabama - 'n Ammoniak-lekkasie by 'n hoenderverspreidingsaanleg het meer as 120 mense hospitaal toe gestuur en inwoners gedwing om in hul huise weg te kruip terwyl sirenes blêr.
Vier pasiënte is in die intensiewe sorgeenheid.
Die lekkasie is Maandagoggend by Millard Refrigerated Services aangemeld.
Die maatskappy gebruik ammoniak in die verkoelingsproses vir die hoenders wat gevries en uitgevoer word.
Tussen 1500 en 3000 liter ammoniak het by die aanleg gelek, het kapt. Shaun Hicks van die brandweer gesê.
- AP