Amerikaner tot doodstraf gevonnis vir spioenasie
2012-01-09 12:00
Tehran – ‘n Voormalige lid van die Amerikaanse vloot wat ook Iranse burgerskap het, is met die doodstraf gevonnis omdat hy vir die spioenasiediens (CIA) gespioeneer het, het die Fars-nuusagentskap Maandag berig.
Amir Mirzai Hekmati (28) is “met die doodstraf gevonnis omdat hy saam met ‘n vyandige nasie gewerk het, lid is van die CIA en probeer het om Iran by terrorisme te betrek,” is tydens die uitspraak gesê.
Hekmati, wat in Amerika gebore is nadat sy ouers daarheen geïmmigreer het, het op Iranse staatstelevisie in vlot Farsi en Engels gesê hy is 'n CIA-operateur wat gestuur is om die Iranse intelligensiediens te infiltreer.
Hy is ‘n paar maande gelede in hegtenis geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP