Amerikaner in Iran eersdaags vry
2010-09-10 14:06
Pine City, Minnesota - Drie ma's wat vir meer as 'n jaar met Iran pleit om hul Amerikaanse kinders vry te laat, het 'n brokkie verblydende nuus gekry.
Beamptes in Iran het gesê dat Sarah Shourd, een van die Amerikaners, Saterdag vrygelaat sal word, maar het niks gesê oor die lot van Shane Bauer of Josh Fattal nie.
Vir Bauer se ma, Cindy Hickey, is die nuus nie juis wat sy verwag het nie.
Hickey het gesê een se vrylating "is 'n positiewe skuif en hopelik sal die ander twee ook vrygelaat word".
Die trio is in aanhouding geneem ná beamptes in Iran gesê het hulle het voet in dié land gesit terwyl hulle naby die Irak-Iran-grenspos berg geklim het.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP