Amerikaner aangehou in Noord-Korea
2010-01-28 20:00
Seoel - ‘n Amerikaner is in aanhouding in Noord-Korea nadat hy die grens tussen dié land en China glo onwettig probeer oorsteek het, het CNN berig.
Die persoon, wie se identiteit nie bekend is nie, is Maandag in hegtenis geneem en die voorval word tans ondersoek, het die staatsbeheerde nuusagentskap KCN berig.
Die VSA is blykbaar bewus van die verslag, maar kon geen verdere inligting verskaf nie, het ‘n staatsamptenaar gesê.
Na bewering word ‘n Koreaans-Amerikaanse sendeling, wat sedert Desember vermis word, ook in Pyongyang aangehou.
Hy het Kersfees 2009 die grens oorgesteek om die "boodskap van Christus se liefde en vergifnis" aan Kim Jong Il, president van Noord-Korea, te neem.
Die sendeling se familie, wat nog niks van hom gehoor het nie, is baie bekommerd oor hom.
Kliek hier vir die volledige storie