Amerikaanse 'sendeling' uiteindelik vrygelaat
2011-05-30 20:01
Seoul – Noord-Korea het ‘n Amerikaanse gevangene, wat
die afgelope halwe jaar in aanhouding was, vrygelaat.
Eddie Jun is deur ‘n Amerikaanse gesant,
Robert King, vanaf Pyongyang in Noord-Korea per vliegtuig na Seoul vergesel.
Jun, wat oorspronklik van Kalifornië afkomstig
is, maar sedertdien in Suid-Korea woon, het gereeld na Noord-Korea gereis om
besigheid te doen.
Hy is in November verlede jaar in hegtenis
geneem, skynbaar omdat hy Christenskap in die kommunistiese land probeer
verkondig het.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.