Amerikaanse owerhede waaksaam, versigtig

2011-09-10 23:13
Tweets Share Share line Print

Washington – Amerikaanse intelligensiedienste het geen bewyse gevind dat Al-Kaïda daarin geslaag het om enige terroriste binne die VSA te ontplooi om terreuraanvalle uit te voer op die 10de herdenking van die 9/11-aanvalle op New York nie, het senior amptenare Saterdag gesê.

Owerhede is egter steeds waaksaam terwyl die soektog voortduur na enige tekens dat 'n aanval moontlik beplan is om met herdenkingsgebeure Sondag in Washington of New York saam te val.

Amptenare het sedert Woensdag 'n wenk opgevolg dat Al-Kaïda moontlik drie mans na die VSA gestuur het om 'n aanval met 'n motorbom in een van dié twee stede uit te voer.

Volgens die wenk kon minstens twee van dié mans Amerikaanse burgers wees.

Teen Saterdag kon geen spoor van 'n moontlike komplot egter gevind word nie.

Hoewel dié soort wenke gereeld aan intelligensiedienste gestuur word, is baie aandag aan dié spesifieke wenk gegee omdat dit verband hou met die 9/11-aanvalle, die ergste terreuraanvalle in die geskiedenis in die VSA.

Asst-dir. James McJunkin van die FBI in Washington het die reaksie op die wenk as normaal beskryf.

"Ons aanvaar ons gaan meer bedreigings en ondersoekaktiwiteit hê rondom hoë-profiel-datums en -geleenthede," het hy gesê. "Hierdie is vir ons 'n normale reaksie."

– Volg Nuus24 op Twitter.

- AP

Lees meer oor: terroriste  |  9/11  |  terreuraanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.