Amerikaanse gyselaar in Filippyne vrygelaat
2011-10-03 14:00
Zamboanga – Ontvoerders in die suide van die Filippyne het ‘n Amerikaanse vrou ná meer as twee maande vrygelaat, het ‘n beampte Maandag gesê.
Volgens Celso Lobregat, burgemeester vir die stad Zamboanga, is Gerfa Yeatts Lunsmann Sondagaand op die eiland Basilan vrygelaat.
Lobregat sê Lunsmann se 14-jarige seun, Kevin, en haar Filippynse neef word steeds aangehou.
Die groep is op 12 Julie op ‘n eiland naby Zamboanga ontvoer. Dié eiland is ook naby Basilan – ‘n vesting vir ‘n reeks Islamitiese militantegroepe – geleë.
Niemand het amptelik verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar nie. Daar word vermoed dat Islamitiese rebelle agter die ontvoering is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP