Amerikaanse egpaar red baba tydens kaping
2010-11-25 13:46
Kansas City – ‘n Jong paartjie het alles gedoen wat hulle kon om hul baba te red toe ‘n kaper hul motor probeer steel het, het die Mail Online Donderdag berig.
Beeldmateriaal van kringtelevisiekameras (CCTV) wys hoe Melanie Richman (24) en haar man, Aaron (22), agter hul motor aangesleep word in ‘n poging om hul dogter te red.
Die egpaar het glo blitsig by ‘n vulstasie stilgehou en uit hul motor geklim terwyl hul dogter op die agterste sitplek gesit het.
Op die beeldmateriaal kan duidelik gesien word hoe ‘n verdagte in die motor inspring en probeer wegjaag. Die Richman-egpaar het egter flink gedink en elkeen aan die motor vasgegryp.
Aaron kon daarin slaag om die passasiersvenster uit te slaan en in die motor te klim. Hy het die kaper bygedam en die motor tot stilstand gebring.
Die verdagte het op die vlug geslaan. Niemand is die voorval beseer nie.
Lees meer en kyk die video hier.
Volg Nuus24 op Twitter.