Amerika wil 'ekstra druk' op Iran plaas
2011-11-09 21:59
Washington – Amerika het gesê hulle ondersoek maniere om “bykomende
druk” op Tehran te plaas nadat ‘n VN-verslag hul vermoede dat Iran kernwapens
soek, bevestig het.
“Hierdie aantygings is baie ernstig. Dit is Iran se plig om ten minste op ‘n geloofwaardige
en deursigtige manier met die Internasionale Atoomenergie-Agentskap (IAEA)
te skakel,” het ‘n woordvoerder vir die staatsdepartement, Mark Toner, gesê.
Volgens Toner gaan Obama se administrasie “bondgenote
en vennote raadpleeg en maniere om bykomende druk op Iran te plaas, ondersoek”.
Hy het bygevoeg dat “eensydige sanksies” ‘n
moontlikheid is.
Die IAEA het bevind dat Iran ‘n sterk
belangstelling in kernwapens toon.
Dit is die eerste keer dat dié VN-waghond
bewerings wat lankal deur Amerika en Israel gemaak is, bevestig.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP