Amerika skenk miljoene aan Pakistan
2009-10-28 18:56
Islamabad - Amerika se minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het Woensdag in Pakistan bekendgemaak dat Amerika sowat $125 miljoen aan die land sal skenk om hulle met hulle elektrisiteitstoevoer by te staan.
“Die fondse sal gebruik word om sekere fasiliteite te verbeter, pompe te herstel en effektiewe elektrisiteitstoevoer te verseker,” het Clinton aan die media gesê.
Pakistan staar ‘n erge krag tekort in die gesig weens die feit dat hulle slegs 80% van hulle elektrisiteit self kan voorsien.
Hierdie skenking kom nadat Amerika in Augustus beloof om Pakistan by te staan tydens hierdie moeilike tyd.
–Sapa, AFP