Amerika aanvaar nie landmyn verban
2009-11-26 07:18
Washington – Pres. Barack Obama het geen planne om die globale ooreenkoms te teken wat landmyne verban nie. Dit volg ná ‘n beleid in Amerika hersien is, wat bevind het dat die sekuriteits verpligtinge nie sonder dit nagekom sal word nie.
“Hierdie administrasie het besluit dat ons landmyn beleid in effek sal bly, het Ian Kelly, 'n woordvoerder gesê.
“Ons is bevrees dat ons nie ons nasionale verdediging se behoeftes of ons sekuriteits verpligtinge sal kan nakom, indien ons die ooreenkoms teken nie.”
Dit was die eerste keer dat die regering hul besluit in die publiek bekend gemaak het.
Landmyne het verlede jaar 5 197 sterftes veroorsaak, waarvan ‘n derde kinders was.
Amerika het sedert die Golf-oorlog in 1991 nog nie kwesmyne gebruik nie, en in 1992 laas van dit uitgevoer. Die laaste kwesmyne is in 1997 vervaardig, het Steve Goose, direkteur van die wapenafdeling van menseregte gesê.
Volgens Kelly is Amerika die wêreld se grootste finansiële ondersteuner van filantropiese myn-aksie.
- Reuters