Alle slagoffers in Poolse vliegongeluk bekend
2010-04-23 01:39
Warschau - Forensiese kenners het die laaste 21 lyke van die slagoffers geïdentifiseer wat saam met die Poolse president Lech Kaczynski verongeluk het, het die Poolse regering gesê.
Volgens 'n minister, Michal Boni, het DNS-toetse in Moskou gehelp on die 16 passasiers en vyf bemanningslede aan boord die vliegtuig te identifiseer.
Sover is 75 slagoffers se lyke teruggeneem Pole toe om begrawe te word.
Kaczynski, sy vrou Maria en talle staatsbeamptes asook militêre beamptes is op 10 April dood toe hul vliegtuig in westelike Rusland neergestort het.
- Sapa-AP