‘Allahu Akbar’ voor glo 13 doodskiet

2009-11-07 06:38
Tweets Share Share line Print

Fort Hood (Texas).–’n Amerikaanse leër-psigiater wat 13 medesoldate doodgeskiet het, het glo “Allahu Akbar” (“God is groot” in Arabies) geskree voordat hy losgebrand het.

Maj. Nidal Malik Hasan (39), wie se ouers van Midde-Oosterse afkoms was, het eergistermiddag ook 30 mense gewond in die grootste skietvoorval nóg in ’n Amerikaanse weermagbasis. Fort Hood, die grootste basis in die VSA, is sedertdien heeltemal gesluit.

Ooggetuies het gesê Hasan het dié woorde geuiter, maar sy bevelvoerder, lt.genl. Robert Cone, het gister gesê dit kon nog nie bevestig word nie.

Daar is aanvanklik vermoed dat Hasan ook in die skietery dood is, maar dit het later aan die lig gekom hy is gewond. Hy het oënskynlik twee handwapens by hom gehad.

Owerhede ondersoek tans of Hasan se wapens behoorlik by die leër geregistreer was.

Volgens Cone is Hasan in ’n stabiele toestand in ’n hospitaal en hoop ondersoekers om hom so gou moontlik te ondervra.

Hy het eergisteroggend, kort voor die skietery, nog in ’n winkel in die basis vir hom ontbyt gekoop. Kringtelevisiebeelde van sy besoek aan die winkel is gister opgespoor.

Die motief vir die skietery is nog onduidelik, maar Hasan sou klaarblyklik binnekort in Irak ontplooi word.

Sen. Kay Bailey Hutchison, ’n Republikein van Texas, het gesê generaals by Fort Hood het haar meegedeel Hasan sou spoedig oorsee ontplooi word.

Hoewel hy blykbaar ’n stil mens is, het hy al volgens kollegas sy teenkanting van die VSA se betrokkenheid by die oorloë in Irak en Afganistan uitgespreek.

’n Imam verbonde aan ’n moskee waar Hasan–’n lewenslange Moslem–gereeld aanbid het, het hom as ’n toegewyde soldaat bestempel wat geen teken van ekstremisme getoon het nie en gereeld in sy uniform kom bid het.

Sy tante, me. Noel Hasan van Falls Church, Virginia, het egter aan The Washington Post gesê hy is baie getreiter omdat hy ’n Moslem is – veral sedert 9/11.

“Sommige mense kan dit vat en ander nie. Hy moes alles aanhoor en het later besluit hy wil uit die leër.”

Die leër kon egter nie bevestig dat hy om ontslag aansoek gedoen het nie.

Hy het direk na skool by die leër aangesluit en het sy kwalifikasies aan weermaginstellings behaal. Hy is sedert verlede jaar ’n psigiater in voorkomende en rampsielkunde.

Cone het erken dat dit “nie sin maak nie” dat ’n enkele skieter soveel mense kan doodskiet of beseer, maar het bygevoeg dat die skietery op “kort afstand” plaasgevind het.

“Opslagskoeëls het hom in staat gestel om soveel mense te beseer.”

Amptenare sluit ook nie die moontlikheid uit nie dat talle slagoffers gesterf het toe hul makkers in die chaos skote afgevuur het om Hasan te keer. Skote is die eerste keer omstreeks 13:00 gehoor by die soldategereedheidsentrum, waar soldate wat ontplooi word of terugkeer mediese ondersoeke ondergaan.

- Sapa-AP

Lees meer oor: fort hood  |  skietery  |  dood

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.