Alkohol eis 16 lewens
2010-02-16 12:12
Djakarta – Vyf beweerde alkohol-smouse is in hegtenis geneem weens die feit dat 16 mense gesterf het nadat hulle giftige drank gedrink het.
Volgens die polisie in Indonesië was die drank glo met giftige metanol gemeng.
"Die vyf verdagtes is in hegtenis geneem omdat hulle dié brousel vervaardig het," het maj. Saiful Anwar, polisiewoordvoerder, gesê. Geen klagtes is egter ingedien nie.
Anwar het gesê die lyke van die 16 oorledenes, gaan opgegrawe word om sodoende die oorsaak van hul dood te bepaal. Die sterftes het tussen 6- en 14 Februarie plaasgevind.
Metanol kan as brandstof gebruik word en is ‘n bestanddeel in plastiek en verf.
Etanol is die hoofbestanddeel in alkoholiese drankies, en is minder toksies as metanol. Alkohol in Indonesië is baie duur, dis hoekom daar ‘n swartmark vir wyn en alkohol ontstaan het.
Verlede jaar het 25 mense in twee weke gesterf nadat hulle tuisgemaakte alkohol wat met metanol gemeng was, gedrink het.
- Sapa-AP