Ál meer selfmoorde in Japan ná ramp

2011-06-20 07:47
Tweets Share Share line Print

Die selfmoordsyfer in die noordooste van Japan het die afgelope 100 dae met 39% gestyg en die owerheid het gewaarsku die land word deur ’n krisis van geestesgesondheid in die gesig gestaar.

In die res van dié land, wat bekend is om sy hoë selfmoordsyfer, het die getal selfmoorde sedert 11 Maart, toe ’n aardbewing en tsoenami Natori, in die Miyagi-provinsie in die noordooste van die land, byna vernietig het, met ’n vyfde gestyg in vergelyking met die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Die Japanse regering het die naweek ’n verslag uitgereik oor onder meer die sielkundige gevolge van dié natuurramp. Die regering erken daarin sy land se inwoners sukkel om dit te verwerk.

Die voortslepende kernkrisis vererger die situasie. Die regering waarsku in die verslag Japan word nou ook deur ’n krisis van geestesongesteldheid in die gesig gestaar.

Dit was Saterdag 100 dae sedert die aardbewing, wat nege op die Richterskaal gemeet, en gevolglike, verwoestende tsoenami die noordooste van dié land opgefrommel het.

Sielkundiges wat aan die verslag gewerk het, sê hulle meen die oënskynlike gelatenheid waarmee die Japannese in die eerste weke ná die ramp met opruimingswerk begin het, was bloot ’n “masker” van post-traumatiese stressindroom.

Die jongste selfmoordslagoffer is ’n melkboer in Soma, in die omgewing van Fukushima, die beleërde kernaanleg, wat hom opgehang het omdat hy sy melkbeeste moes verkoop weens ’n verbod op die verkoop van melk uit dié gebied.

Die verslag lui verder buiten die geweldige stres waaronder die mense in die noordooste van Japan die afgelope drie maande geleef het, ervaar hulle ook skuldgevoelens en erge weemoed oor die groot aantal mense wat in die natuurramp omgekom het.

Die skok, skuldgevoelens en trauma is vererger deurdat baie van die oorlewendes die lyke van hul naasbestaandes en vriende moes uitken. Baie Japannese ly nou aan chroniese depressie en ’n soort geestesversteurdheid omdat hulle sukkel om hul verlies en hartseer te verwerk.

Luidens die verslag het 3 281 mense in Japan verlede maand selfmoord gepleeg. Dit is 499 meer as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Selfmoorde in Tokio het met 27% gestyg.

Japan het een van die hoogste selfmoordsyfers ter wêreld ná Litaue, verskeie voormalige Sowjet-state en Suid-Korea.

Verlede jaar het 31 690 mense in Japan selfmoord gepleeg. In die laaste tien jaar het meer as 300 000 Japannese selfmoord gepleeg.

Selfmoorde word dikwels verbind met nasionale trauma. Die selfmoordsyfer in Japan het in die laat jare 90 van die vorige eeu begin toeneem weens bankrotskappe en werksverliese.

Meer as 28 000 mense is in die ramp op 11 Maart dood en 95 000 geboue en 23 spoorwegstasies is verwoes. Die ramp het ook 16 dorpe onbewoonbaar gemaak.

Meer as 90 000 mense leef nog in skuilings.

Die Japanse bevolking is in die algemeen ook teleurgesteld in en kwaad vir sy regering omdat hy eers verlede maand “die waarheid” oor Fukushima uitgevind het en dis nou, naas die Tsjernobil-kernramp van 1986, die grootste in menseheugenis.

– ABC News, The Australian, Beeld

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.