Al Qaïda: Vrede nog op tafel
2009-08-03 15:11
Doebai – Die terroristegroep Al Qaïda sê ‘n aanbod wat deur dié groep aan die voormalige Amerikaanse regering gemaak is, om ‘n vredesooreenkoms aan te gaan is nog op die tafel vir President Barack Obama om te oorweeg.
“As Obama ‘n verstandhouding wil bereik moet hy op Sheikh Osama Bin Laden se twee aanbotte reageer”, het Al Qaïda se tweede in bevel, Ayman al-Zawahri, tydens ‘n onderhoud op ‘n Islamitiese webblad gesê.
Volgens al-Zawahri probeer Obama illusies verkoop met sy veldtog om spanning met Moslems, wat deur die oorloë met Irak en Afghanistan veroorsaak is, te verminder.
“Hy probeer sê ‘moet ons nie haat nie... maar ons sal aanhou om julle dood te maak’”, het al-Zawahri gesê.
Bin Laden het in 2006 gesê die Al Quada sal ‘n ooreenkoms met Amerika aan te gaan, mits dit die sekuriteit en stabiliteit asook die herbouing van Irak en Afghanistan, wat deur die oorloë vernietig is, insluit.
Amerika het destyds die aanbod afgekeur en gesê hy “onderhandel nie met terroriste nie”.
- Sapa