Al Kaïda sweer wraak
2011-05-06 22:51
Doebai – Al Kaïda het in ‘n verklaring op ‘n
jihad-webblad wraak gesweer op die moord van hul leier, Osama bin Laden.
“Ons in Al Kaida beloof aan Allah....om, soos
ons leiers, die jihad voort te sit,” het die Amerikaanse monitorgroep SITE
Intelligence, berig.
“Ons wil dit benadruk dat Osama bin Laden se
bloed te kosbaar is om te vergeefs gestort te word,” het die verklaring
uitgebrei.
Verder het die verklaring ‘n beroep op alle
Moslems in Pakistan gedoen om wraak te neem op die dood van hul leier.
“Ons doen ‘n beroep dat hulle die land
(Pakistan) sal reinig van die Amerikaanse gemors wat korrupsie versprei,” het
die verklaring gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP