Al-Kaïda slaan glo toe in Sirië
2011-12-23 11:44
Damaskus – Twee bomme het Vrydag twee basisse vir veiligheidsdienste in die Siriese hoofstad getref, het die staat se televisiediens berig en die vinger na Al-Kaïda gewys.
“Twee terroriste-operasies het in Damaskus plaasgevind wat die basis van Staatsveiligheid en ‘n ander tak van die veiligheidsdienste geteiken het,” het die televisiekanaal berig nadat AFP-korrespondente twee luide ontploffings gehoor het.
“Aanvanklike ondersoeke dui daarop dat Al-Kaïda verantwoordelik is.”
Die ontploffings het gebeur terwyl ‘n span in Damaskus is om die logistiek voor te berei vir ‘n plan van die Arabiese Liga wat ‘n einde moet bring aan nege maande se opstande, wat volgens die Verenigde Nasies meer as 5 000 mense dood gelaat het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP