Aktiviste ontwrig vigsprojek
2009-12-01 15:55
Beijing – Chinese aktiviste, wat kwaad is omdat mense Vigs kry via bloedoortappings, het Dinsdag verrigtinge tydens Wêreldvigsdag ontwrig.
Die betogers het glo aangedring op beter ondersteuning deur die plaaslike regering asook hulp en bystand.
Vermom met wit maskers het die sowat 20 aktiviste die verhoog bestorm en in trane oor hulle ervaringe gepraat.
“Ons wag die afgelope agt jaar reeds vir gratis mediese behandeling, maar sonder enige geluk,” het een van die betogers, Liu Xiurong, gesê.
–Sapa