Aksie teen Iran kan 'onvoorsiene gevolge' hê
2011-11-11 13:43
New York – Die Amerikaanse sekretaris van verdediging, Leon
Panetta, het gesê ‘n militêre aanval teen Iran kan “onvoorsiene gevolge” dra.
Panetta het gesê ‘n aanval kan Iran se planne vir die
vervaardiging van kernwapens met slegs drie jaar vertraag.
“'n Mens moet versigtig wees vir onvoorsiene gevolge,” het hy
gesê.
Hy het gesê ‘n aanval kan nie genoeg wees om Iran te keer om “te doen
wat hulle wil” nie.
“Dit kan reuse-gevolge vir die gebied inhou, en ook vir die
Amerikaanse magte in die gebied,” het Panetta gesê.
“Ek dink al hierdie kwessies moet oorweeg word.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.