Air France-ongeluk se data skep groot raaisels

2011-05-31 07:50
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die Air France 447-rampvliegtuig het 3,5 minute lank van ’n hoogte van 38000 vt “geval” voordat dit die see-oppervlak op 1 Junie 2009 teen ’n hoë spoed en neus in die lug getref het.

Die vlieëniers het al die moontlike gedoen om die vliegtuig uit ’n staaktoestand te herstel, maar die outomatisering van die stelsels het hulle vermoedelik verhoed om direkte beheer daaroor oor te neem.

Dít is van die afleidings wat gemaak kan word uit inligting van die vlugdata-opnemers wat pas deur die Franse ondersoekspan na dié raaiselagtige vliegramp bekend gemaak is. Die opnemers is onlangs eers op die seebodem gevind. Al 228 mense aan boord het omgekom.

Volgens vlieëniers dui die inligting daarop die vlieëniers het valse lugspoedlesings gekry omdat die lugspoedsensors vermoedelik weens verysing buite aksie gestel is.

Weens die outomatisering het dié lesings teen die vlieëniers se pogings om die vliegtuig weer aan die gang te kry, gewerk.

Die steeds onopgeloste raaisel is hoekom die vlieëniers ná die probleme begin het die heeltyd probeer het om die vliegtuig se neus in die lug te hou. Die normale regstellende optrede sou juis wees om die neus af te druk.

Die ander raaisel is hoe die vlieëniers midde-in ’n geweldige donderstorm en turbulensie beland het, terwyl die bemannings van al die ander vlugte in dié tyd om die storm gevlieg het om dit te ontwyk.

Luidens die ondersoekspan se gegewens was die mees onervare vlieënier van die drie aan boord in beheer toe die krisis ontstaan het. Die kaptein het ’n rusbreuk gehad.

Die passasiers is net meer as twee uur ná opstyging gewaarsku dat die vliegtuig turbulensie binnegaan en dat dit ’n bietjie gaan skud. Kort daarna het die stuuroutomaat (autopilot) en die outomatiese kragbeheer skielik ontkoppel.

Die vliegtuig se staakwaarskuwing, wat beteken dit vlieg te stadig, het twee keer afgegaan. Volgens ervare vlieëniers kon foutiewe instrumentasie dieselfde alarm laat afgaan het.

Die lugspoed op die instrumente het skielik ’n dramatiese daling getoon. Die vlieëniers kon nie enige van die lesings kanselleer of meganies beheer oor die vliegtuig oorneem nie, aangesien dit outomaties is.

“Die vliegtuig het baie vinnig soos ’n blaar begin val,” het een vlieënier verduidelik. Die spoed daarvan was te stadig, hoewel die stu-krag op maksimumspoed was. Die vermoede bestaan ook dat die bemanning teen dié tyd gedisoriënteer kon gewees het weens die turbulensie én die probleme aan boord.

Op die opname sê die vlieëniers kort voordat hulle geval het dat hulle geen geldige lesings meer van die instrumentasie kry nie.

Dit versterk die vermoede dat hul situasiebewustheid sonder ’n sigbare horison in die donker nag zero was.

- Die Burger

Lees meer oor: vliegongelukke  |  air france

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.