Agt dood toe motorfietse ontplof
2011-11-02 21:59
Basra – Minstens agt mense is dood toe ploftoestelle wat aan drie motorfietse geheg was, in die suidelike hawestad Basra in Irak onplof het.
‘n Dokter by die Sadr-hospitaal in Basra het
gesê minstens agt mense is in die aanval dood en sowat 22 is beseer.
‘n Polisiebeampte het dié getalle bevestig.
Volgens die Basra-provinsie se polisiehoof,
generaal Faisal al-Abadi, was die
motorfietse in die middestad geparkeer toe die toestelle ontplof het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP