Agt dood in Rio-skietery
2011-06-23 18:59
Rio de Janeiro – Agt mense is dood tydens ‘n klopjag op
vermeende dwelmhandelaars in ‘n informele woonbuurt buite Rio de Janeiro.
Die polisie het vroeg die oggend die Engenho-favela (plakkerskamp) ingeval om die dwelmhandelaars vas te trek ná hulle die polisie in ‘n
naburige woonbuurt ontglip het.
Die agt verdagtes is tydens ‘n skietery wat
etlike ure aangehou het, ernstig gewond en later in die hospitaal dood.
Een onskuldige bystander is ook tydens die
skietery beseer, maar het die voorval oorleef.
Rio de Janeiro is veronderstel om gasheer te
speel vir die 2014-Sokkerwêreldbeker, sowel as die 2016-Olimpiese Spele.
Die polisie in Brasilië doen hul bes om soveel
as moontlik misdadigers vas te trek voor dié wêreldgebeurtenisse.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP