Afrika ivoor in Vietnam gekry
2009-08-21 09:36
Hanoi, Vietnam – Polisie in Viëtnam het beslag gelê op ongeveer 100kg ivoor.
Die ivoor was in ‘n motorvoertuig versteek en oppad na Hanoi, het media Vrydag gerapporteer.
Die staatskoerant, Lao Don, het berig dat polisie in die provinsie van Thanh Hoa ‘n kar van die pad afgetrek omdat dit in die verkeerd baan was.
Hulle het toe sestien olifantstande weggesteek in die kattebak en onder die raamwerk van die voertuig gevind.
Die drywer is in hegtenis op aanklagte van smokkel. Die motor en olifantstande is gekonfiskeer as bewysstukke.
Volgens polisie het die drywer skynbaar gesê dat die tande aan hom behoort en dat hy oppad was Hanoi toe om dit te verkoop.
Doanebeamptes in Hanoi sukkel die afgelope paar maande met groot hoeveelhede ivoor wat van Afrika ingesmokkel word.
- Sapa