Afganistan is slegste plek vir ma’s, kinders

2011-05-08 08:31
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Waar in die wêreld is die beste en slegste plekke om “mamma” te wees?

Volgens die Save the Children-organisasie se 12de Moeder-indeks wat Dinsdag uitgereik is, beklee Noorweë en Afganistan vanjaar onderskeidelik die eerste en laaste plek.

Die studie bepaal jaarliks die welstand van ma’s en hul kroos in 164 lande deur hul gesondheid, opvoeding en ekonomiese omstandighede te monitor.

Suid-Afrika beklee uit 74 lande die 19de plek in die groep vir minder ontwikkelde lande.

Noorweë se ma’s beklee die topplek met van die laagste ma- en kindersterftesyfers ter wêreld, ’n hoë lewensverwagting, goeie opvoeding en gemiddelde kraamverlof van sowat ’n jaar.

In skreiende teenstelling hiermee is Afganistan die goorste plek in die wêreld om kinders groot te maak.

Ma’s en kinders moet hier in “haglike toestande” leef waarin een uit elke ses kinders voor die ouderdom van vyf jaar sterf, een uit drie aan wanvoeding ly
en nege uit tien vroue ’n kind verloor.

“Teen dié agtergrond is dit heel moontlik dat elke ma in Afganistan ’n kind kan verloor,” lui die verslag.

In Noorweë staan net een uit elke 175 ma’s ’n kind voor die ouderdom van vyf aan die dood af.

Bykans die helfte van die bevolking in die ergste lande om kinders in groot te maak het nie toegang tot skoon water nie en net vier meisies vir elke vyf seuns gaan laerskool toe.

Volgens die verslag kom die meeste ander lande in Afrika suid van die Sahara redelik laag op die lys voor.

Suid-Afrikaanse vroue word onder die top-20 gelys uit 80 minder ontwikkelde lande en vir die kinders is dit 53ste uit 81 lande.

In Noorweë is “opgeleide gesondheidspersoneel by byna elke geboorte betrokke”, terwyl dieselfde van slegs 14% van die geboortes in die ongenaakbare Afganistan gesê kan word.

Die gemiddelde lewensverwagting van ’n vrou in Noorweë is 83 jaar, 53 in Suid-Afrika en 45 in Afganistan.

Meer as agt uit elke tien Noorweegse vroue gebruik ’n moderne metode van voorbehoeding teenoor die minder as 16% in Afganistan.

Duitsland, Spanje en Brittanje het net buite die top-tien in die indeks geval, met Amerika 31ste, net bo Luxemburg en Belarus.

Die top-vyf plekke om ’n ma te wees:
1. Noorweë
2. Australië
3. Ysland
4. Swede
5. Denemarke

Die vyf slegste plekke om ’n ma te wees:
1. Afganistan
2. Niger
3. Guinee-Bissau
4. Jemen
5. Tsjad 

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.