Afganistan: Twaalf dood in selfmoordbomaanval
2012-01-19 10:01
Kabul – Twaalf mense is dood en talle ander beseer nadat ‘n selfmoordbomdraer op 'n motorfiets in die Kajaki-distrik in die suide van Afganistan homself opgeblaas het, het Al Jazeera berig.
Twaalf Afgane, insluitend twee polisiebeamptes, is dood en ten minste 23 ander is beseer, het Daud Ahmadi, ‘n woordvoerder vir die provinsie, Woensdag gesê.
In 'n tweede aanval twee uur later in dieselfde gebied is 'n lid van die nasionale direktoraat van sekuriteit, sy lyfwagte en 'n burgerlike in 'n landmynontploffing dood.
Die Taliban het aanspreeklikheid vir die tweede aanval aanvaar.
– Lees die volledige artikel op Al Jazeera.
– Volg Nuus24 op Twitter.