Afganistan: Polisieman, kind dood in aanvalle
2011-10-06 09:14
Kandahar – ‘n Polisieman is Donderdag dood in ‘n bomontploffing in die suide van Afganistan en in ‘n aparte voorval is ‘n kind dood toe gewapende mans op ‘n bus begin skiet het, het amptenare gesê.
Wali Jan, ‘n bevelvoerder by ‘n plaaslike polisiestasie, is dood toe ‘n bom ontplof het kort nadat hy sy huis in Trinkot, die hoofstad van Uruzgan-provinsie, verlaat het, het die provinsie se polisie-woordvoerder gesê.
Die polisieman se seun en lyfwag is in die ontploffing beseer, het Farid Aiyel gesê.
In ‘n aparte voorval het gewapende mans Donderdagoggend op ‘n bus in die Greshk-distrik naby die Helmand-provinsie begin skiet. Een kind is dood en 15 ander mense, insluitende vier kinders en agt vroue, is in die voorval beseer, het die provinsiale goewerneur se kantoor gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA