Afganistan: 6 sterf in aanval op polisiegebou
2012-02-05 14:10
Kaboel – Altesaam ses polisiebeamptes het in ‘n motorbomaanval op hul hoofkwartiere in Kandahar, Afganistan, gesterf, het ‘n plaaslike regeringsamptenaar gesê.
Die ontploffing het Sondag in ‘n parkeerterrein plaasgevind.
Zulmai Ayobi, ‘n regeringswoordvoerder, het aan AFP gesê ses polisiebeamptes en 10 burgerlikes is ook in die voorval beseer.
Kandahar is ‘n stad in die suide van Afganistan en is ‘n vesting van die Taliban.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP