Afgaanse soldaat dood drie Britse troepe
2010-07-13 14:17
Kaboel - Drie Britse troepe is dood en vier ander beseer toe 'n Afgaanse soldaat Dinsdag 'n granaat na 'n groep internasionale magte gevuur het, het 'n militêre woordvoerder gesê.
Hamid Karzai , president van Afganistan, het 'n brief aan die Britse regering gestuur waarin hulle om verskoning vra.
Die Afgaanse soldaat het ontsnap en word steeds gesoek. Die motief agter die aanval is nie bekend nie.
Luidens 'n verklaring wat deur die Navo vrygestel is, veg Afgaanse troepe en ander troepe saam teen die Taliban en ander ekstremiste.
"Ons het saam baie prysgegee en ons moet verseker dat ons die vertroue tussen mekaar sterk hou om ons vyande te oorwin."
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP